Bloedbad op SA plase

2011-02-22 08:51
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Meer as 60 moorde is van begin Desember 2010 tot middel Januarie op plase en kleiner boerdery-eenhede in Suid-Afrika gepleeg.

Dié skoksyfer is Maandag deur André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee vir landelike veiligheid, aan Volksblad bekend gemaak.

In reaksie sê Botha dit help nie die regering het die stelsels en strukture om mense se veiligheid te verseker, maar niemand veroordeel misdaad in die sterkste moontlike terme nie.

Salam Abram, ’n ANC-LP van die Vrystaat, sê dié moorde getuig van morele verval in die land.

“Daar is nie meer respek vir die medemens en ouderdom nie.”

As daar inderdaad ’n gewisse gesamentlike poging bestaan om boere uit te wis, sal die Vrystaatse LUR van landbou en landelike ontwikkeling, mnr. Msebenzi Zwane, ’n kommissie van ondersoek hierná instel. Hy sal dit egter nie doen as dit net normale misdadige optrede blyk te wees nie.

Só het die LUR se woordvoerder, Life Mokone, by navraag gesê.

Die 60 moorde sluit onlangse plaasmoorde uit soos die naweek s’n op die Vrystater Helgard Muller (66).

Intussen het Muller, van die plaas Mara in die Frankfort-distrik, se vermeende moordenaars die eerste keer in die landdroshof op die dorp verskyn.

Sebongile Mnguni (25) van Frankfort en Mojalefa Albiner Motloung (32) en Themba Chris Ncala (19), albei van Oranjeville, word aangekla van gewapende roof en moord.

Hul saak is tot 2 Maart uitgestel sodat hulle regsverteenwoordigers kan kry.

Hans Pretorius, DA-raadslid van die Mafube-munisipaliteit, sê tientalle boere het gister na die hof opgeruk. Die hofverskyning het vreedsaam en sonder enige oproer plaasgevind.

Nadat die hof verdaag het, het een van die vermeende moordenaars volgens Pretorius met ’n “siniese glimlag” na die boere gekyk.

Pretorius het die boere ná die hofverrigtinge byeengeroep en die polisie vir hul flinke optrede bedank, waarná die boere spontaan begin hande klap het.

Die polisie het die vermeende moordenaars vasgetrek slegs enkele ure nadat Muller Saterdag vermoor is. Muller is in die kop geskiet en op pad na ’n hospitaal in Vereeniging dood.

Volgens sy dogter, Hanneke Coetzee (36), is een van die verdagtes die broer van ’n huishulp op die plaas. Die mans het na bewering Vrydagaand in die huishulp se huis geslaap. Sy was glo nie tuis nie.

Dit is nie seker of sy vir hulle toestemming gegee het nie.

Coetzee sê die familie vermoed nie in hierdie stadium dat die huishulp by die plaasaanval en -moord betrokke was nie.

Botha is tans op Agri SA se konferensie op Somerset-Wes waar plaasmoorde en ander landboukwessies met onder meer regeringslui bespreek word. Die konferensie het gister begin en eindig vandag.

Muller word Donderdag om 12:00 uit die Gereformeerde kerk op Frankfort begrawe.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
74 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.