Block spandeer nóg ‘n nag agter tralies
2010-11-09 19:38
Kimberley - Die Noord-Kaapse ANC-leier John Block, wat vir beweerde tenderbedrog in hegtenis geneem is sal nóg ‘n nag in die polisie se aanhoudingselle moet deurbring, nadat die uitspraak oor sy borgtogaansoek uitgestel is.
Landdros Lance Roach het sy uitspraak tot Woensdagoggend uitgestel.
Block en die besigheidsman, Gaston Savoi, eienaar van Intaka Holdings sal vir eers agter tralies moet bly.
Block en sewe ander staar aanklagtes van bedrog in die gesig. Hulle word van bedrog van sowat R122 miljoen aangekla.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA