Block: Ondersoeker beweer inmenging

2010-11-12 09:06
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kimberley - ’n Opspraakwekkende verklaring het die omvang onthul van beweerde korrupsie en inmenging uit die hoogste vlakke by die amptelike ondersoek na die maatskappy van die omstrede provinsiale ANC-leier, John Block, en die departement van gesondheid.

Die verklaring wat dié week hier by die landdroshof ingedien is, het deel gevorm van die staat se betoog om borgtog teen te staan vir Block, ook LUR van ekonomiese sake in die provinsie, en die miljoenêr-sakeman van Uruguay, Gaston Savoi.

Die verklaring deur ’n ondersoekbeampte van die gesondheidsdepartement het onthul dat dit nie net die beweerde korrupte verkoop van toerusting is wat ondersoek word nie, maar ook die wederregtelike verskaffing van hospitaal-suurstof.

Block en Savoi is mede-direkteure in die maatskappy Intaka Northern Cape en staan saam met nog agt mense tereg op 15 aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortredings van die Openbare Finansiële-Bestuurswet.

Luidens die klagstaat het Block glo R772 000 van Savoi en sy maatskappy Intaka Holdings gekry in ruil daarvoor dat hy sy invloed sou gebruik om tenders vir die verskaffing van watersuiweringsaanlegte deur Intaka Investments toegestaan te kry.

Die staat het albei aangeklaagdes se borgtogaansoek teengestaan; Block s’n op grond van argumente dat hy in ’n magsposisie dien, met wye magte om die stelsel te manipuleer en getuies te beïnvloed.

As bewys hiervan het die staat die beëdigde verklaring van Daniel Snyman, saam met ’n verklaring deur die ondersoekbeampte in die Intaka-saak, by die borgtogverhoor ingelewer. Snyman is ’n ondersoekbeampte van die Medisyne-beheerraad (MBR) in Pretoria se inspektoraat en wetstoepassingseenheid.

Snyman beskryf hoe hy in 2007 ingeroep is deur “dr. J Gouws, en meegedeel is dat ek en sy gedreig is deur die registrateur en DG met afdanking as dit nie op skrif gestel word dat die sake wat geopen is in verband met die ‘Intaka Suurstof’-saak, onmiddellik teruggetrek word nie”.

Die hofdokumente verduidelik nie verder wie dr. J, Gouws of die DG is nie, maar in 2007 was ’n dr. Joey Gouws ’n direkteur van die inspektoraat en wetstoepassing by die nasionale gesondheidsdepartement se medisynebeheerliggaam.

Die direkteur-generaal van gesondheid in daardie stadium was die omstrede Thami Mseleku, wat verlede jaar deur die nuwe minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, afgedank is.

Die ondersoek na Intaka het nie net gehandel oor meer as R113 miljoen se aankope wat glo sonder behoorlike tenders aangegaan is nie, maar ook oor die vervaardiging, gebruik en verkoop van ongeregistreerde suurstof by hospitale.

Die suurstof wat by hospitale aangebring en onwettig gebruik is, was nie geregistreer soos die wet vereis nie. Snyman sê hulle het eindelik nie verder ondersoek nie, al het hy gewaarsku dit sou op regsverydeling uitloop. Hy het egter aangehou om inligting te versamel.

- Volksblad

Lees meer oor: john block

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Dawie sê... Weer 'n verdomde taxi...Wanner gaan die luiaards van die regering besef die goet hoord nie op ons paie nie, maak nie saak hoe gerieflik dit vir ander is nie..As die drywers nie kan bestuur nie, moet hulle summier af van ons paie af... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.