Blinde bedelaar mag haar kinders besoek

2010-08-22 07:26
Tweets Share Share line Print

Daar is nuwe hoop vir die blinde Zimbabwiese vrou wie se baba deur wetstoepassers uit haar arms geruk is terwyl sy op ’n straathoek gebedel het.

Die beeldmateriaal van die getraumatiseerde vrou en haar huilende baba (18 maande) het lesers die afgelope week aangegryp en fel kritiek van menseregtegroepe ontlok. Die vrou se ander kind (4) is ook by haar afgeneem.

Rapport het gister die vrou – wie se naam ingevolge die wet nie genoem mag word nie om die kinders te beskerm – opgespoor en met haar gepraat.

Die goeie nuus is dat sy gister weer haar kinders sou kon sien. “Ek wag nou dat hulle my kom haal om hulle te gaan sien. Hulle (die personeel van die sentrum waar sy bly) het gesê ek kan maar gaan,” het sy gesê.

En in nog ’n wending gaan ’n groothartige Pretoriase oogspesialis die vrou volgende week ondersoek om vas te stel of hy haar sig sal kan herstel.

Dr. Pieter Oosthuizen het Rapport vroeër gekontak en aangebied om gratis ’n operasie uit te voer.

Rapport sal die vrou nou na hom toe neem vir ’n ondersoek. Sy was opgewonde oor die moontlikheid dat sy haar sig kan terugkry.

Die vrou het gister vertel sy is verlig dat sy die kinders weer sal kan sien. Sy borsvoed nog die jongste kind. Sy gaan ook nou toegelaat word om weer by haar man, ’n blinde Zimbabwiese asielsoeker in Johannesburg, te woon.

Die Sentrum vir Kinderregte aan die Universiteit van Pretoria en Regslui vir Menseregte het ’n dringende aansoek in die Pretoriase hooggeregshof gebring om die kinders wat tydens die “klopjag” weggeneem is, met hul ouers te verenig.

Uit dié aansoek blyk dit dat die driejarige dogter van ’n Mosambiekse skoenmaker, wat in ’n tweede voorval dié dag weggeneem is, steeds glo haar ouers het net gou vir haar iets by ’n winkel gaan koop – en dat hulle “nou-nou” terugkom .

Die skoenmaker en sy vrou (wat gewoonlik na die kind omsien, maar op dié dag in die hospitaal was om geboorte te gee) kon eers Maandag weer hul kind sien omdat die plek van veiligheid verlede naweek gesluit was.

Toe die kind ontsteld was omdat die ouers weer moes gaan, het hulle vir haar gesê hulle sal “nou-nou” terug wees.
’n Tweede deel van die hofaansoek behels ’n versoek om ’n ondersoek te gelas na die optrede van maatskaplike werkers wat betrokke was. Die aansoekers versoek voorts dat die Gautengse LUR vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling ’n plan voorlê rakende maatskaplike dienste vir diegene wat op straat is.

Die dringende deel van die aansoek staan tot oormôre oor sodat die provinsiale departement op hofstukke kan antwoord.

Mandla Sidu, woordvoerder van die departement, het aan Rapport gesê hy stem nie saam met die kritiek teen hulle nie: “Alles wat ons gedoen het, was binne die raamwerk van die wet.” Volgens hom het hulle ses kinders na plekke van veiligheid geneem en maatskaplike werkers ondersoek nog hul omstandighede.

Carina du Toit van die Sentrum vir Kinderregte sê in ’n verklaring hulle is ten gunste van ondersoeke na kinders se welsyn. Om kinders sonder ’n hofbevel weg te neem terwyl dit nie ’n noodgeval is nie, is blote magsvertoon.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: baba  |  blind  |  ma  |  bedel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Dawie sê... Weer 'n verdomde taxi...Wanner gaan die luiaards van die regering besef die goet hoord nie op ons paie nie, maak nie saak hoe gerieflik dit vir ander is nie..As die drywers nie kan bestuur nie, moet hulle summier af van ons paie af... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.