Biskop vra raad oor gays
2009-08-22 16:50
Johannesburg – Die Anglikaanse biskop van Kaapstad het die sinode van biskoppe gevra vir pastorale riglyne oor die kerk se houding teenoor gay en lesbiese lede van die kerk.
“Die Anglikaanse biskop van Kaapstad het Saterdag saamgestem met ’n voorneme om die kerk se biskoppe te vra vir pastorale riglyne vir gay en lesbiese lede van die kerk wat as lewensmaats leef, in ag genome die kerk se siening,” het die kerk in ’n verklaring gesê.
Dié riglyne is aangevra by die sinode wat vir die eerste keer onder aartsbiskop Thabo Makgoba gehou.
Dié sinode word elke drie jaar gehou en is gevra om ’n mosie te oorweeg wat gay en lesbiese lede van die kerk wat in verhoudings is, aanvaar.
Die kerk aanvaar tans net geestelike gays, maar sien nie hul seksuele verhoudings met hul lewensmaats oor nie.
Die mosie is gemaak deur verteenwoordigers van die St. George-katedraal, die enigste Anglikaanse gemeente wat deur ’n gay geestelike gelei word.
Die diosese het positiewe kommentaar in ag geneem oor gay en lesbiese lede wat welkom voel in die kerk.
Maar die kerk seën nie huwelike van dieselfde geslag nie, maar die diosese het gesê dat die kwessie verder bespreek moet word.
– Sapa