Binnelandse Sake deporteer nie Zimbabwiërs in die geheim
2011-10-15 21:46
Kaapstad – Die Departement van Binnelandse Sake het ontken dat hy besig is om onwettige Zimbabwiërs in die geheim te deporteer.
Groepe wat hulle beywer vir die regte van immigrante het die regering daarvan beskuldig dat hy Zimbabwiërs in die geheim terugstuur na hulle land.
Dit volg te midde van die versekering dat geen deportasies sal plaasvind totdat die Zimbabwiese dokumentasieprojek afgehandel is nie.
Die immigranteregte-groep beweer dat minstens 300 Zimbabwiërs die afgelope drie dae na Zimbabwe gedeporteer is.
Ronnie Mamoepa, woordvoerder vir die departement, sê mense wat ná die spertyd van 31 Desember verlede jaar die land onwettig binnegekom het, moet nie verbaas wees as hulle in hegtenis geneem en gedeporteer word nie omdat hulle immigrasiewetgewing oortree.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.