Bieër vir Kaapse tolpaaie bekend gemaak
2011-10-11 13:33
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het sy verkose bieër vir die N1/N2 Wynlanddistrik-tolprojek aangekondig ten spyte van regsuitdaging deur die stad Kaapstad oor die projek.
Sanral het Dinsdag bekend gemaak dat Protea Parkways Consortium (PPC) sy verkose bieër is. Die projek sal nagenoeg R10 miljard beloop.
Die stad Kaapstad het 'n aansoek voor die Kaapse hooggeregshof gebring oor die beplande tolpaaie.
Sanral beoog om padwerke vir die beplande tolpaaie op die N1 en N2 in Februarie te begin. Die agentskap het in 'n verklaring gesê die PPC-konsortuim bestaan 'n privaatbeleggers en vennote van die Suid-Afrikaanse regering en beskik oor 'n span "hoogs gekwalifiseerde kontrakteurs".
Bouwerk van die 175 km-projek sal sowat drie jaar duur.
"Die N1/N2 en Wynlanddistrik-tolprojek sal padkapasiteit verhoog, veiligheid verbeter en koste bespaar in terme van voertuigloopkoste en minder tyd sal op die pad deurgebring word," het Sanral gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA