Bid vir die land, vra Zuma
2010-04-01 13:49
Johannesburg - Pres. Jacob Zuma het vakansiegangers gevra om "op hul hoede" te wees as hulle oor die Paastydperk langafstande reis.
"Oor die afgelope paar weke is ons geskok deur die aantal padongelukke wat so baie lewens geëis het," het Zuma in 'n verklaring gesê.
"Watookal die rede om op die paaie te wees, laat ons op ons hoede wees en veilig reis sodat ons almal ons bestemmings in veiligheid kan bereik."
Zuma het ook 'n beroep op Christene en Jode gedoen om vir die land te bid.
"Laat ons bid vir sukses en 'n einde aan armoede en lyding onder armes en die wat werkloos is. Laat ons bid vir krag en wysheid sodat ons die uitdagings waarmee ons as 'n nasie gekonfronteer word, kan oorwin."
– Sapa