‘Bid vir Zuma, help vir Zuma’

2010-03-08 07:36
Tweets Share Share line Print

Neels Jackson

Johannesburg - As pres. Jacob Zuma eergister se Draai terug na God-saamtrek bygewoon het, sou Angus Buchan hom bemoedig en vir hom koers aangedui het, maar hom nie veroordeel het nie.

Buchan, die Greytownse evangelis, was een van die hoofsprekers op die saamtrek wat in die tuine skuins onder Zuma se kantoor in die Unie­gebou gehou is.

Vroeër, toe die organiseerders nog gehoop het dat Zuma die saamtrek sou bywoon, het Buchan daarna uitgesien om van die verhoog af met Zuma in Zoeloe te praat.

Met die president wat nie daar was nie, het Buchan eergisteroggend by navraag vertel wat hy aan Zuma sou sê.

Die eerste ding wat die president sou hoor, is: “Ons bid vir u.”

Buchan het gesê Zuma is die president. Kom wat wil. Hy sal vir hom bid soos die Bybel sê.

Daarna sou hy aan Zuma sê as hy sy oog op God gerig hou, sal die Here hom nie versaak nie.

As hy die Bybel as ’n handboek gebruik, sal hy nie struikel of foute maak nie.

“Hy moet weet daar is meer mense in Suid-Afrika wat vir hom bid as wat hy besef,” het Buchan gesê.

Voorts sou hy aan Zuma sê hy moet vorentoe gaan en nie terugkyk nie. “As ’n boer, want hy het op ’n plaas grootgeword, weet hy dat as hy reguit wil ploeg, hy nie kan omkyk nie,” het Buchan gesê.

Hy sou ook aan die president sê dat kompromisse nie ’n opsie is nie. Die Christene van die nasie, en hulle is die meerderheid, wil die waarheid hê.

“In die vertroue dat God hom sal lei om die land volgens Christelike etiek te regeer, is ek persoonlik baie optimisties oor die toekoms van die nasie.

“Maar jong mense wil graag sterk Christelike leierskap sien.” Dit is volgens Buchan ál wat hy aan Zuma sou sê.

Op ’n vraag of hy nie regstreeks na kwessies soos Zuma se poligamie sou verwys nie, was die antwoord: “Nee.”

Maar vra ’n mens hom of hy dink dat Zuma tog die boodskap sou kry, antwoord hy: “Ja.”

In sy preek het hy die skare aangemoedig om soos ’n Bybelse Josua te kies: “Ek en my huis sal die Here dien.”

Hy het hulle gemaan om op te hou vinger wys na die regering en gesê elkeen moet eers sy eie huis in orde kry.

“Ons wys vinger na die regering en die president, maar in ons eie huise is dit chaos,” het hy gesê.

Later toe hy jong mans aangemoedig het om op die regte pad te loop, het hy gesê hulle moenie kyk hoeveel meisies hulle kan swanger maak nie.

“Dis nie ’n man wat dit doen nie, dis ’n ‘wimp’,” het hy uitgeroep.

Hy het vertel dat hy ’n trotse man was, ’n selfgemaakte boer van Skotse agtergrond. “Meer arrogant as dít kry jy nie.”

Hy het vertel hoe hy tot inkeer gekom het en gesê as God hóm kon genees, kan hy enig- iemand genees. “Dan kan hy enigiemand daarbo verander.”

Aan die einde van sy toespraak het hy opgemerk: “Die president van Suid-Afrika is op soek na konstruktiewe steun. Moet hom nie kritiseer nie, help hom.”

Hy het bygevoeg daar is nie “maars” nie.

Die Bybel sê ’n mens moet mense in gesagsposisies re­spekteer.

- Beeld

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jj.walt1 sê... Die perlemoen word een keer per jaar (ek dink) op veiling gesit en aan ide hoogte bieder verkoop. DIt is natuurlik 'n heerlike slenter vir die smokkelaars om 'n wettige uitvoerpermit te verkry - koop 1 ton - smokkel 10 uit... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.