Bid dat my hofaansoek slaag, vra adv. Barbie

2010-05-06 06:53
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Cézanne Visser het gister ’n gebedsversoek – dat haar aansoek om teen haar skuldigbevinding te mag appelleer, sal slaag – per e-pos uitgestuur.

Dit lui: “Bid asb vandag vir Regter Lex Mphati (sic), hoofregter v die Appelhof (sic), dat ons God hom sal lei om my saak aan die mees gepaste twee regters te oorhandig en dat die Heilige Gees absoluut hul gedagtes en harte sal lei sodat my verlof tot Appel (sic) toegestaan word. Amen. Cezanne.”

Mpati het appèlregters Mohammed Navsa en Belinda van Heerden gister aangewys om die finale besluit oor Visser – oftewel adv. Barbie – se aansoek te neem.

Hulle sal dit op kamerhof oorweeg.

Waarnemende regter Chris Eksteen het Visser vroeër in die hooggeregshof in Pretoria verlof tot appèl geweier.

Hy het haar vir sewe jaar tronk toe gestuur op 11 seksverwante aanklagte, wat onder meer kinderhuiskinders betrek.

Adv. André Fourie, leier van die staat se vervolging­span, het verlede week gesê die staat gaan nie die aansoek formeel teëstaan nie.

Toe die lêer gister na die twee regters gegaan het, het die staat dit ook nie teëgestaan nie.

Die feit dat die staat geen beswaar teen Visser se aansoek ingedien het nie, beteken nie noodwendig die aansoek sal slaag nie.

Navsa en Van Heerden bestudeer die hooggeregshof se hofrekord in sy geheel saam met die aansoek.

Hulle sal op grond daarvan besluit watter weg om in die saak in te slaan.

Hulle kan die aansoek summier verwerp, of dit goedkeur en vir betoog op die hofrol laat plaas – op die vroegste einde vanjaar.

Andersins kan hulle beveel Visser en die staat moet ’n volbank regters van die appèlhof daaroor toespreek.

- Die Burger

Lees meer oor: cezanne visser  |  hofsaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Dawie sê... Weer 'n verdomde taxi...Wanner gaan die luiaards van die regering besef die goet hoord nie op ons paie nie, maak nie saak hoe gerieflik dit vir ander is nie..As die drywers nie kan bestuur nie, moet hulle summier af van ons paie af... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.