Bheki Cele dalk geskors

2011-09-23 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand ná maande se wik en weeg aangekondig hy oorweeg dit om genl. Bheki Cele, na­sionale polisiehoof, te skors.

Hy gaan ook ingevolge die Polisiewet ’n raad van ondersoek belê na adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), se bevindings dat Cele hom aan wanbestuur skuldig gemaak het.

Zuma het Cele op 29 Augustus reeds in kennis gestel dat hy dié raad gaan aanstel om die bevindings te ondersoek en ’n aanbeveling oor Cele se toekoms te maak.

Intussen is Cele gevra om in ’n voorlegging aan die president te motiveer hoekom hy nié hangende die uitslag van die ondersoek geskors moet word nie.

Luidens die verklaring wat Donderdagaand deur die presidensie uitgereik is, het Cele ’n “omvattende” voorlegging ingedien en is Zuma besig om te besluit of hy hom moet skors of nie.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, wou Donderdagaand nie uitwei oor wanneer Zuma beoog om die raad aan te wys en wie daarin sal dien nie.

“Die president moet eers besluit (oor Cele se moontlike skorsing). Hy werk daaraan selfs terwyl hy in New York is.

“Ons praat hier van die land se top-polisieman. Die regte prosedure moet gevolg word. Hopelik sal almal nou besef die president wou nog nooit van dié kwessie wegskram nie.”

Volgens Maharaj gee Zuma ook aandag aan die OB se bevindings teen Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke. “Maar dit is ’n heeltemal ander proses en ander wetgewing is (op haar) van toepassing.”

Genl.maj. Nonkululeko Mbatha, Cele se woordvoerder, kon nie Donderdagaand vir kommentaar bereik word nie.

Ander polisiewoordvoerders was onbewus van dié ontwikkeling en wou nie daaroor kommentaar lewer nie.

Madonsela het op 14 Julie vir ’n tweede keer bevind Cele het onregmatig en onwettig opgetree en hom aan wanbestuur skuldig gemaak in verband met ’n huurooreenkoms van R1,17 miljard vir die polisie se provinsiale hoofkantoor in Durban.

In Februarie het sy soortgelyke bevindings oor hom gemaak oor ’n huurooreenkoms van R500 miljoen vir die polisie se nuwe hoofkantoor in Pretoria.

Madonsela het bevind albei huurooreenkomste met die sakeman Roux Shabangu is ongeldig en onwettig omdat die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree is en dit strydig met tesourie-regulasies en tenderprosedures is.

Hoewel Cele nooit self die huurooreenkoms met Shabangu onderteken het nie, het hy ’n behoeftebepaling vir die nuwe provinsiale kantoor in Durban goedgekeur, asook ’n versoek vir meer geld omdat die polisie nie daarvoor begroot het nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: bheki cele  |  jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Dawie sê... Weer 'n verdomde taxi...Wanner gaan die luiaards van die regering besef die goet hoord nie op ons paie nie, maak nie saak hoe gerieflik dit vir ander is nie..As die drywers nie kan bestuur nie, moet hulle summier af van ons paie af... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.