Bfn-man erken hy het seun betas
2011-02-12 10:50
Johannesburg - ’n Pa het Vrydag toegekyk hoe ’n vriend saam met wie hy in die verlede gereeld gekuier het, skuld beken op aanklag dat hy sy 16-jarige seun onsedelik aangerand het.
Roelf van der Walt (55) van Bloemfontein het Vrydag beken dat hy op 16 Desember verlede jaar die seun onsedelik betas het toe hy by familie van sy vrou gekuier het.
Hy het op aanklag van seksuele aanranding verskyn.
Die klaer, wat die aand binne die huis gesit en televisie kyk het, se ouers het buite saam met nog vriende van Van der Walt-hulle vleisgebraai.
Van der Walt het in ’n verklaring beken dat hy die betrokke aand in ’n stadium by die huis in is om badkamer toe te gaan en die seun op ’n bank gesien het.
Hy het by hom gaan sit en aan sy privaatdele gevat.
Die verhoor is Vrydag tot Vrydag 4 Maart uitgestel vir vonnisoplegging.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Volksblad