'Sluipmoord'-verhoor skop af
2011-06-28 15:35
Kaapstad – Die verhoor van drie Rwandese en drie Tanzaniërs wat teregstaan op poging tot moord, sameswering om moord te pleeg en ander aanklagte het Dinsdag in Suid-Afrika afgeskop.
Die drie word daarvan aangekla dat hulle in Junie 2010 lt. genl. Faustin Kayumba Nyamwasa, wat op ‘n tyd die Rwandese president Paul Kagame se militêre hoof was, geskiet het.
Kritici van die Rwandese president, Paul Kagame, sal die saak stip volg vir bewyse dat die president die aanval gereël het.
Al die beskuldigdes het Dinsdag onskuldig gepleit.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA