Beweerde dronk bestuurder eis twee lewens
2010-05-29 04:10
Kaapstad – Twee vrouens is dood nadat die voertuig waarin hulle gery het deur die bestuurder van ‘n mobiele kliniek in Queenstown getref is, het die Oos-Kaap se gesondheidsdepartement gesê.
Die een vrou het op die toneel gesterf en die ander een op pad na die hospitaal, het Sizwe Kupelo, ‘n woordvoerder gesê.
Hy het gesê die bestuurder is in hegtenis geneem en die polisie is besig om ‘n klag van dronkbestuur te ondersoek.
Die departement sal ook hulle eie ondersoek loods.
-Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.