Bevelvoerder kry binne 2 maande wapenlisensie

2010-12-23 10:20
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Die stasiebevelvoerder van die Springs-polisiekantoor het binne minder as twee maande ’n bevoegdheidsertifikaat en lisensie vir sy persoonlike vuurwapen ontvang.

Brig. Jeshop Shabangu het op 13 Julie vanjaar by die Springs-polisiekantoor om ’n bevoegdheidsertifikaat en ’n vuurwapenlisensie aansoek gedoen – hoewel hy in Alberton bly.

Luidens die Vuurwapenwet moet ’n persoon aansoek doen by ’n vuurwapen-registrasiesentrum in die omgewing waar hy woon.

Shabangu se bevoegdheid­sertifikaat is op 16 Augustus, ’n maand en drie dae nadat hy daarvoor aansoek gedoen het, goedgekeur. Sy aansoek om ’n vuurwapenlisensie is drie weke en twee dae later op 8 September goedgekeur.

Shabangu het gister gesê hy is omgekrap omdat dit bevraagteken word dat hy sy bevoegdheidsertifikaat en vuurwapenlisensie so vinnig gekry het.

“Ek is ’n Suid-Afrikaanse burger wat om ’n bevoegdheidsertifikaat en vuurwapenlisensie aansoek gedoen het. Dit is aan mý uitgereik. Dit het niks daarmee te doen dat ek ’n brigadier in die polisie is nie,” het Shabangu gesê.

“Daar is stelsels gevestig om dienslewering te verbeter.

“Skuld ek iemand ’n verduideliking omdat ’n bevoegdheidsertifikaat en ’n vuurwapenlisensie aan mý uitgereik is?”

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê elke vuurwapenlisensie-aansoek moet op sy eie meriete gehanteer word.

Volgens Naidoo is dit die bevoegdheidsertifikaat wat die meeste tyd in beslag neem wanneer ’n aansoek gehanteer word.

“In brig. Shabangu se geval is sy aansoek vinnig afgehandel omdat hy reeds aan die vereistes vir bevoegdheid voldoen het omdat hy ’n polisiebeampte is,” het Naidoo gesê.

Tog het ’n polisiebeampte by ’n vuurwapenregistrasie-sentrum in Gauteng gesê hulle het verskeie aansoeke van polisie­beamptes wat al so lank as drie jaar vir goedkeuring wag.

“Dit maak nie saak of jy ’n polisielid is of nie. Jy is ook ’n nommer,” het die beampte gesê.

“’n Polisie-opleidingsertifikaat help ’n polisielid niks nie. ’n Polisiebeampte moet steeds na ’n privaat geakkrediteerde vuurwapen-opleidingsentrum gaan.

“Jy kry nie enige bevoordeling omdat jy in die polisie is nie.”

Volgens dié polisiebeampte duur dit sowat ses maande om jou vuurwapenlisensie te kry as jou bevoegdheidsertifikaat goedgekeur is.

Kenners was verstom oor die rekordtyd waarin Shabangu se bevoegdheidsertifikaat en vuurwapenlisensie toegestaan is.

“Ek het nog nooit van só iets gehoor nie. Ek glo jou nie,” het Henriko Prinsloo, ’n vuurwapenlisensie-kenner, gesê.

Prinsloo sit met meer as 1 500 kliënte van wie die meeste al drie jaar lank op ’n bevoegdheidsertifikaat wag.

Hy en Naidoo het albei gesê die vinnigste tydperk waarin ­iemand ’n bevoegdheidsertifikaat en ’n vuurwapenlisensie kan kry, is nege maande.

“Ek het kliënte wat op plase bly en elke drie maande beroof of besteel word. Mense wat aansoek doen om ’n vuurwapen­lisensie om hulself te beskerm, wag jare,” het Prinsloo gesê.

“Ander kliënte is al 20 jaar in die polisie of ses jaar in die weermag en hulle word óf onbevoeg verklaar óf hul aansoeke word afgekeur weens ’n gebrek aan motivering. Hier kom ’n polisieman wat in die stad woon en hy kry dit binne ’n maand. Dit is ongehoord.”

Martin Hood, ’n prokureur wat met vuurwapenlisensies werk, het gesê vir ’n bevoegdheidsertifikaat en vuurwapenlisensie om só vinnig uitgereik te word, “is absoluut onreëlmatig”.

“Volgens die polisie se interne riglyne kan ’n aansoek nie in minder as vier maande uitgereik word nie.”

Lees meer oor: sapd  |  vuurwapens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Dawie sê... Weer 'n verdomde taxi...Wanner gaan die luiaards van die regering besef die goet hoord nie op ons paie nie, maak nie saak hoe gerieflik dit vir ander is nie..As die drywers nie kan bestuur nie, moet hulle summier af van ons paie af... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.