Betogers verhoed ambulans om pasiënt af te laai
2010-08-19 16:46
Johannesburg – Stakende gesondheidswerkers het Donderdag verhoed dat ‘n ambulans wat ‘n pasiënt met asemhalingsprobleme vervoer het die Helen Joseph hospitaal in Johannesburg kon binnegaan.
“Ons het (na ‘n hospitaal) in Krugersdorp gegaan en ons is toegang geweier. Ek het ‘n persoon wat sukkel om asem te haal,” het die ambulansbestuurder, wat nie genoem wou word nie, gesê.
Hy het gesê dat hy bang was vir die woedende betogers.
“Ek kan hom net hier aflaai (die pasiënt) en hom hier los, want hulle dreig my nou.”
Chaos het buite die hospitaal uitgebreek toe die polisie die betogers met waterkanonne gespuit het.
Volgens ‘n berig op Twitter het ‘n groep betogers ook by die operasiesale van die Tambo Gedenkhospitaal ingestorm en personeel daar uitgejaag.
– Is jy op een of ander manier geraak deur stakings? Stuur jou foto's of storie aan ons.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA