Betogers vas ná protes oor kandidaatslys
2011-03-23 11:46
Johannesburg – Altesaam 18 mense is in hegtenis geneem nadat betogers Dinsdagaand ‘n betoging in Ficksburg gehou het, het die Vrystaatse polisie gesê.
Betogers het twaalf winkels, wat aan buitelandse burgers behoort het, geplunder en aan die brand gesteek, het kapt. Phumelelo Dhlamini gesê.
Daar word vermoed dat die protesoptrede gehou is om teen veranderinge in die kandidaatslys vir die plaaslike verkiesing te betoog.
Kandidate wat mense die meeste van gehou het, is glo van die lys verwyder.
Niemand is tydens die betoging beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA