Betogers saai amok in Durban
2011-08-17 12:09
Durban – Stakende munisipale werkers het vullisblikke in Durban uitgegooi en 'n vullisspoor Woensdagoggend in dié stad se paaie gelaat.
Lede van die munisipale vakbond Samwu het by Botha Park in Durban byeengekom voor hulle na die Curries Fountain-stadion beweeg het.
Hulle sal na verwagting later na die Durbanse stadsaal opruk.
Daar was 'n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied.
Intussen dreig werkers om Johannesburg vandeesweek "tot stilstand" te bring.
'n Landwye munisipale staking het Maandag begin.
Die munisipale vakbonde Samwu en Imatu eis 'n loonverhoging van 18% of R2 000, terwyl die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) 6% aanbied.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA