Betogers met rubberkoeëls gepeper
2009-10-22 09:24
Johannesburg – Vier mense is in hegtenis geneem en een persoon is beseer toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n woedende skare betogers in Riverlea losgebrand het.
Volgens insp. Gordon Billing, polisiewoordvoerder, het die betogers omstreeks 04:00 Donderdagoggend naby Soccer City saamgekom en die pad afgesper.
Die betogers is glo ongelukkig oor swak dienslewering, asook ‘n tekort aan behuising.
“Ons moes rubberkoeëls gebruik om die skare op te breek. Die betogers het aggressief begin raak en verbygaande motors met klippe bestook,” het Billing gesê.
Dit is nog nie bekend hoeveel betogers betrokke was nie.
Die polisie monitor die situasie.
– Sapa
– Was jy op die toneel? Stuur jou foto's aan ons.