Betogers herinner Zuma aan sy beloftes
2011-06-22 11:04
Oos-Kaap – Duisende ANC-lede het die strate van Port St. Johns in die Oos-Kaap ingevaar om pres. Jacob Zuma te herinner om die dispuut oor bedrog met kandidatelyste op te los, het Dispatch Online Woensdag berig.
Zuma het voor die verkiesing beloof dat die dispuut oor kandidatelyste opgelos sal word.
Sowat 2 000 ANC-lede van 20 wyke het vreedsaam na die plaaslike munisipale kantore gestap om 'n petisie aan die streekleiers van die ANC te oorhandig.
Zamekile Pato, 'n organiseerder van die betoging, het gesê die groep betoog om hul ontevredenheid met die vertragings om die "bedrog met kandidatelyste" op te los.
"Ons is ongelukkig dat die mense wat ons genomineer het om raadslede te word, misgekyk is, en diegene wat deur die provinsiale leierskorps (PEC) genomineer is, aanbly as raadslede," het Pato gesê.
Die lede beweer dat die name van kandidate wat gewild is in hul gemeenskappe deur lede van die PEC verwyder is.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA