Beter dienslewering ná stakings, vra ANC
2009-07-31 19:12
Johannesburg – Munisipale werkers en provinsiale regerings moet hulself opnuut toewy tot beter dienslewering nou dat die munisipale stakings verby is, het die ANC Vrydag gesê.
Die regerende party het die einde van die dispuut rondom lone tussen die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) en die munisipale vakbond Imatu verwelkom.
Die vyf dag lange landswye staking deur munisipale werkers het Vrydag tot ‘n einde gekom.
"Dis verby... ons het vanmiddag 'n ooreenkoms gesluit", het Samwu Vrydag gesê.
Samwu se sekretaris, Mathandeki Nhlapo, het aan Sapa gesê: "Ons werkers sal Maandag terug op hul poste wees."
- SAPA