Bestuurders doen glo inkopies met ambulans
2010-12-18 12:04
Johannesburg - Twee ambulansbestuurders is geskors nadat hulle glo hul ambulans vir persoonlike doeleindes gebruik het, aldus die Oos-Kaapse departement van Gesondheid.
Die twee mans het na bewering die noodvoertuig gebruik om Maandag inkopies te doen, het Sizwe Kupelo, departementele woordvoerder, Saterdag gesê.
Volgens Kupelo is hulle met onmiddelike effek geskors en sal hulle in Januarie dissiplinêr verhoor word. Dit kan daartoe lei dat hulle ontslaan word.
"Hierdie is nie die eerste keer wat ons hoor ambulanse word vir persoonlike doeleindes gebruik nie. Ons het al 'n ander bestuurder in Mthatha ook geskors."
- Sapa
* Volg Nuus24 op Twitter.