Bestuurder sterf toe bakkie rol
2011-01-15 14:44
Durban - Die bestuurder van 'n bakkie is dood en twee passassiers ernstig beseer toe die voertuig naby Pinetown op die N3 gerol het.
Die insittendes van die bakkie is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het, het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie en geen ander voertuig was by die ongeluk betrokke nie.
Die twee beseerde passassier is op die toneel behandel voor hulle na 'n hospitaal geneem is.
Die bestuurder was reeds dood toe die paramedici op die toneel opgedaag het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA