Bestuurder ernstig beseer in ongeluk
2010-07-20 18:05
Philadelphia - ‘n Veertigjarige man is per helikopter na ‘n hospitaal vervoer nadat hy in ‘n botsing betrokke was op die R304 (Philadelphia-weg), het paramedici Dinsdag gesê.
Volgens Tristan Wadeley, ER24-woordvoerder, het die man met sy bakkie teen ‘n vragmotor gebots.
“Met paramedici se aankoms op die toneel was die slagoffer steeds in die wrak van die bakkie vasgekeer. Hy het ernstige beserings opgedoen,” het Wadeley gesê.
Die man is uit die wrak gesny en per mediese helikopter na die Milnerton Medi-Clinic vervoer.
Na bewering het die bestuurder van die vragmotor geen beserings opgedoen nie.
Die polisie ondersoek steeds die oorsaak van die ongeluk.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24