Bestuurder brand dood op die N2
2010-10-09 11:46
Durban – ‘n Man het op die N2 naby King Shaka Internasionale lughawe doodgebrand ná sy motor, wat deur ‘n trok getref is, aan die brand geslaan het.
Die bestuurder was vasgevang in die voertuig en is onherkenbaar verbrand, het Netcare 911 woordvoerder, Jeff Wicks, gesê.
Die oorsaak vir die ongeluk is nog nie bekend nie.
Die bestuurder van die trok is na die Umhlanga Hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.