Bestuurder brand dood
2009-11-29 17:31
Kaapstad - Een persoon is dood toe sy kar aan die brand geslaan het na hy in ‘n ongeluk op die N1 naby Joostenbergvlakte in Kaapstad betrokke was.
“’n Citi Golf het agter in ‘n Toyota Quantum vasgery, gerol en aan die brand geslaan,” het ‘n ER24 woordvoerder gesê.
Twee passasiers het betyds uit die Citi Golf ontsnap, maar die bestuurder was nie so gelukkig nie.
Die passasiers is hospitaal toe geneem met minder ernstige tot ernstige beserings.
Die bestuurder van die kar is onherkenbaar verbrand.
Niemand in die Toyota Quantum het seergekry nie.
- Sapa