Bestuur nie by myner se begrafnis
2009-07-27 14:58
Kaapstad – Cosatu is ontsteld oor die afwesigheid van Impala Platinum die senior bestuur by die begrafnis van ‘n werker wat verlede week by dié myn dood is.
Karabo Rakoma, wat ondergronds dood is, is Sondag begrawe.
Nie een van die nege bestuurslede het die begrafnis bygewoon nie, maar het wel ‘n junior amptenaar gestuur om vir hulle in te staan.
“Dit was teleurstellend en vernederend dat die senior bestuur nie die begrafnis bygewoon het nie,” het die federasie Maandag gesê.
“Dit is duidelik dat werkers net belangrik is wanneer hulle lewendig is en winste kan gee om hulle (die myne) ryk te maak.”
Cosatu dring daarop aan dat Impala Platinum na Rakoma se twee kinders en sy ma omsien.
- I-Net Bridge