Besnydenis-dodetal styg tot 13
2010-06-17 12:29
Johannesburg – Nóg twee jong seuns het in die Oos-Kaap gesterf tydens tradisionele besnydenis-seremonies, het die provinsiale departement van gesondheid Donderdag gesê.
Dít bring die dodetal op 13 te staan oor die afgelope 12 dae.
Volgens Sizwe Kupelo, departementele woordvoerder, het ‘n 16-jarige seun van die Nxukhwebe-informele nedersetting Woensdagaand gesterf.
Na bewering het nog ‘n tiener van die KwaQubuswayo-informele nedersetting Sondagaand gesterf nadat hy deel was van ‘n onwettige besnydenis-seremonie.
“Dit is baie hartseer. Hy het die tradisionele seremonie bygewoon sonder sy ouers se toestemming. Hulle wou glo nie gehad het dat hy aan die verrigtinge deelneem nie,” het Kupelo gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA