Besluit oor Moodley kom nader

2011-08-22 07:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet teen Woensdag aandui of hulle Donovan Moodley (31) se aansoek teenstaan om herverhoor te word weens die ontvoering en moord van Leigh Matthews sewe jaar gelede.

Moodley is destyds lewenslange tronkstraf opgelê. Matthews en Moodley was medestudente by Bond Universiteit in Sandton.

Adv. Zaais van Zyl, staatsadvokaat in die saak, het gister gesê die staat het nie op Moodley se oorspronklike aansoek, wat op 18 Julie vanjaar by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien is, geantwoord nie omdat daardie dokumente nie in orde was nie.

“Daar was bladsye in sy oorspronklike aansoek wat nie leesbaar was nie of vermis was – gedeeltes wat die kern van sy ‘ware’ weergawe verduidelik,” het Van Zyl gesê.

Moodley het in die aansoek beweer hy is afgedreig om by Matthews se ontvoering betrokke te raak en moes toekyk hoe iemand anders haar doodskiet.

Moodley, wat skuldig gepleit het op die aanklag van moord, het reeds al sy appèlprosesse uitgeput.

In dié herverhoor-aansoek voer hy aan dat vermeende onreëlmatighede tydens sy verhoor hersien moet word.

Van Zyl was nie bereid om kommentaar op die meriete van die saak te lewer voor die staat se dokumente nie voor die hof is nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: donovan moodley  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

rio.canovibrand sê... oooo... hier kom moeilikheid :( Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.