Beslag op R900 000 se dwelms gelê in Kaapstad
2012-06-14 23:00
Johannesburg – Beslag is Donderdag gelê op dwelms met ‘n straatwaarde van meer as R900 000 in Kaapstad, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Vier mans, tussen die ouderdomme van 32 en 37, is by ‘n drankwinkel in Maitland in hegtenis geneem, saam met twee vroue, onderskeidelik 20 en 25 jaar oud, het ao. November Filander gesê.
Die vier mans is van Nigerië, terwyl een van die vroue ‘n Zimbabwiër is.
“Tien bondels tik, met ‘n waarde van meer as R300 000, is onder die toonbank gevind, tesame met ongeveer R1 miljoen se kontant.”
Die Valke en Misdaadintelligensie het ook Donderdag nog drie mans, tussen die ouderdomme van 41 en 54, in New Marketstraat in Kaapstad in hegtenis geneem vir die besit van dwelms van meer as R600 000.
“Die polisie het hul voertuig deursoek en 12 000 Mandrax-tablette, sowel as ‘n groot hoeveelheid kontant in die mans se besit gevind.”
Al die persone wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA