Beskuldigdes in ET-saak 'mislei'

2012-02-06 15:00
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Die beampte wat die moord op die regse leier Eugene Terre’Blanche ondersoek, is Maandag in die hooggeregshof in Ventersdorp daarvan beskuldig dat hy die twee beskuldigdes mislei het.

“Ons sal aanvoer dat jou agenda en bedoelings was om die beskuldigdes en die hof te mislei,” het Norman Arendse, die tiener-beskuldigde se regsverteenwoordiger, aan lt. kol. Tsietsi Mano gesê.

Die plaaswerker Chris Mahlangu en die tiener word daarvan aangekla dat hulle Terre-Blanche in April 2010 in sy plaashuis buite Ventersdorp in die Noordwes doodgeslaan het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu beweer dat hy in selfverdediging opgetree het en die tiener ontken betrokkenheid in in die misdaad.

Die hof het Maandag gehoor dat Mano die klagteboek geteken het, maar nie die selregister nie, toe hy hulle van die Ventersdorp-polisiestasie na sy kantoor in Kleksdorp vervoer het op die aand van die moord.

Mano het ook in die register aangedui dat hulle na die Hartebeesfontein-polisiestasie naby Klerksdorp geneem word, terwyl hulle eintlik eers na sy kantoor geneem is.

“Jy kan nie net mense na jou kantoor neem nie,” het Arendse gesê.

Mano het volgehou dat hy die reg gehad het om hulle na sy kantoor te neem, aangesien hy die ondersoekende beampte was.

“Net nadat ek die register geteken het was hulle geheel en al my verantwoordelikheid. Daar is niks fout daarmee nie, u Edelagbare,” het Mano gesê.

“Kol. Mano, daar is baie fout daarmee,” het Arendse gesê.

Daar is in die hof gehoor dat Mahlangu later daardie aand na die Hartebeesfontein-polisiestasie geneem is, terwyl die minderjarige na die Klerksdorp-polisiestasie geneem is.

Mano het ontken dat hy hulle probeer mislei het, maar erken dat hy nie aan hulle gesê het waarheen hulle op pad is of waarom hulle oorgeplaas word nie.

Arendse het gevra hoekom hul families nie ingelig is oor waar hulle is nie en het aangevoer dat dit gelykstaande is aan ontvoering.

Daar is aan die hof gesê dat Mahlangu en die tiener kort ná middernag by die Ventersdorp-polisiestasie uitgeteken is en eers om 04:00 by die ander polisiestasies ingeteken is.

Arendse het dit as baie ongewoon beskryf en sê dit is deel van ‘n strategie deur Mano om die twee van slaap te ontneem.

Mano sê die rede vir die oorplasing was as gevolg van spanning in Ventersdorp ná Terre’Blanche se moord.

“Die situasie was nie bevorderlik nie.”

Mano het aangevoer dat hy geen ander bedoelings gehad het nie.

Tydens die kruisverhoor het Mano erken dat hy nie meer die notaboek het wat hy op die aand van die inhegtenisname gebruik het nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: eugene terre'blanche  |  moorde  |  polisie  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Mens kan dit amper nie glo nie--dink hierdie varkies ons gaan nooit iets daaraan doen nie? Ek is lankal lus om iemand te piets. As jy ook lus is om iemand hard te piets, klik op die thumbs up hieronder. As daar meer as 50 is, sal ek 'n openbare vergadering reel sodat ons wat saamdink, kan saamkom, om saam te doen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.