Beskerming vir Malema kos R887 000
2010-11-09 12:34
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het R886 668,54 vanjaar tot 11 Oktober vir die beskerming van Julius Malema betaal, berig Times Live.
Sedert 11 Oktober het die leier van die ANC-jeugliga nie meer lyfwagte nie.
Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het in ‘n geskrewe reaksie in ‘n vraag van Pieter Groenewald, LP van die VF+, gesê dat Malema twee beamptes gehad het wat hom ten alle tye beskerm het.
Malema het in die verlede lyfwagte gekry nadat sy veiligheid glo bedreig was.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.