Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Beseerde Marikana-mynwerkers 'wéér geskiet'

2012-12-20 16:00
Tweets Share Share line Print

Rustenburg – Stakende mynwerkers wat die skietery deur die polisie op 16 Augustus oorleef het, is "deursoek en toe wéér geskiet", het die Farlam-kommissie Donderdag gehoor.

Die mynwerkers se prokureur adv. Lesego Mmusi het gesê selfs die betogers wat hulself oorgegee het, is deur polisiebeamptes geskiet.

Dít het aan die lig gekom terwyl Mmusi vir brig. Zephania Mkwanazi, ’n opleidingsdeskundige in openbare orde-polisiëring, gekruisondervra het.

"Bewyse sal toon nadat die polisie vir agt sekondes skote afgevuur het, het hulle die betogers genader wat geskiet en op die grond gelê het," het hy gesê.

"Hulle het die betogers een vir een deursoek om te kyk of hulle dood is. Die wat nie dood was nie is wéér geskiet."

Mmusi  het aan die afgetrede regter Ian Farlam gesê hy gaan getuies bring om sy bewerings te staaf.

Die Marikana-kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, die polisie beveel het om stakende mynwerkers tydens die Lonmin-staking te skiet.

Dít het aan die lig gekom terwyl Mkwanazi deur adv. George Bizos ondervra is.

Mkhwanazi het egter gesê die polisie se doel is om polisiebeamptes te leer om gemeenskappe te beskerm en nie dood te skiet nie.

Hy hou vol dat hy nie deel was van die polisie-ingryping op 16 Augustus nie en het herhaaldelik geweier om verskeie vrae van Bizos te beantwoord.

Mkhwanazi het gesê hy wil nie aannames maak nie, maar het saam met Bizos gestem oor die stelling dat Shabangu se uitlating polisiebeamptes kon verwar.

Volgens Bizos het die minister gesê sy soek nie 'n waarskuwingskoot nie en dat die polisie in Marikana nie bekommerd hoef te wees oor regulasies nie.

Mkwanazi het gesê hy is nie bewus van dié stelling nie en hou vol dat "dood" en "skiet" nie in sy woordeskat is nie.

Die kommissie se verhoor sal weer op 21 Januarie hervat word.

- SAPA

Lees meer oor: lonmin-slagting
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques du Plessis sê... Ek dink n kind in graad 1 sou n beter berig kon skryf.......N24 betaal julle die mense? Hoeveel keer in een berig moet ons lees dat die brand ondersoek gaan word? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.