Berugte Sandton-huisrower vasgetrek
2011-09-14 20:04
Johannesburg – ‘n Berugte rower, wat inwoners van Sandton vermoedelik reeds sedert 2010 terroriseer, is Woensdag in hegtenis geneem, het die polisie in Gauteng gesê.
Die Zimbabwiër Sheperd Moyo (31) word verbind met 19 huisrooftogte, het lt. kol. Tshisikhawe Ndou gesê.
Hy is by ‘n pandjieswinkel in Hillbrow in hegtenis geneem, waar hy gesteelde goedere probeer verkoop het. Beslag is ook op Moyo se motor gelê.
Die 40-jarige Nigeriese winkeleienaar is ook in hegtenis geneem, aangesien hy die gesteelde goedere gekoop het.
“Moyo was gesoek in verband met ‘n verkragting en huisrooftog wat in Julie 2010 gepleeg is... en kan verbind word met 19 sake van huisroof wat sy modus operandi pas,” het Ndou gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA