Bende boks, skop swanger vrou
2010-08-23 11:44
Durban - 'n Swanger vrou is deur vier mans aangeval terwyl sy vir hulp gewag het toe haar motor op die N3, naby die Pavilion-winkelsentrum, gebreek het.
Jolene Parkinson (20), van Pinetown, sê sy het in haar motor vir haar pa gewag om haar te kom help toe vier mans haar oorval het, berig The Mercury.
Sy is vyf maande swanger.
"Hulle het nie met my gepraat nie. Hulle het net in die motor geklim en my begin slaan. Hulle het my geskop, in die maag geboks en my selfoon, handsak en geld gevat."
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.