Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

SABC 'mag nie oor Malema berig'

2012-09-13 22:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n SABC-vakbond sê sy lede is opdrag gegee om nié verslag te doen oor die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, nie.

“Verskeie van ons lede het by ons kom rapporteer dat hulle opdrag gegee is om geen stories oor die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, te doen nie,” het Bemawu, die grootste mediavakbond by die SABC, Donderdag gesê.

“Volgens die opdrag mag daar nie oor Malema verslag gelewer word nie, selfs al word hy vermoor of sterf hy op 'n ander manier, voordat die topbestuur nie toestemming gee nie.”

Kaizer Kganyago, die SABC se woordvoerder, het egter gesê die bewerings is onwaar.

“Dit is onwaar dat die SABC se nuusafdeling opdrag gegee het om Julius Malema te verban. Wat die bestuur voor gevra het is meer verantwoordelike verslaggewing,” het Kganyago gesê.”

Jimi Matthews, waarnemende nuushoof van die SABC, het in ‘n verklaring gesê dat hy sy nuusspan gevra het om meer konteks in hulle stories te verskaf.

“Ek is baie teleurgesteld met hoe sake verloop het. Pleks daarvan dat ons daaroor gesprek voer, het sekere lede van die personeel na ander media-instansies gehardloop en beweer dat ek Malema van die lug verban het,” het Matthews gesê.

“Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Ek het gevra vir verantwoordelike joernalistiek en intellektuele betrokkenheid.”

Bemawu hou egter vol dat joernaliste by die SABC gewaarsku is om nie oor Malema te berig nie. Nuusredakteurs is glo vroeër van die opdrag in kennis gestel.

“Bemawu beskou dit as 'n growwe skending van die beginsels van joernalistiek en ook 'n aanval op die vryheid van die media,” het die unie in ‘n verklaring gesê.

“As ‘n openbare uitsaaier is dit die SABC se verantwoordelikheid om op ‘n regverdige, onbevooroordeelde en akkurate wyse verslag te doen.”

Bemawu het sy lede aangeraai om nie aan dié beweerde opdrag gehoor te gee nie.

“As die bestuur enige van ons lede wil aanvat omdat hulle die opdrag geïgnoreer het sal Bemawu sy lede verdedig en die saak tot op die hoogste vlak neem.”

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: sabc  |  julius malema  |  mediavryheid
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Willy Johnstone-Robertson sê... Walla, die arrogante kleinmannetjie sindroom Allers het al sy useless kommentare verwyder. Behandel hom met minagting want hy is meer bek as binnegoed. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.