Beloofde kontrakte in die weermag ’n klug

2010-06-30 08:25
Tweets Share Share line Print

46 Diensvrywilligers in die Militêre Polisie (MP) meen hulle is onregverdig aan ’n lyntjie gehou deurdat hulle langtermynkontrakte belowe is, maar dit nie gekry het nie.

Hul tweejaarkontrakte as diensvrywilligers verval vandag.

Al 46 sit nou werk- en kontrakloos.

Hulle beweer hulle is vroeër ingelig dat hulle almal vir die verlenging van hul kontrakte in die MP in aanmerking sal kom.

Toe van hulle bekommerd was dat daar dalk nie werk vir die hele groep gaan wees nie, het hulle gevra of hulle om poste in een van die weermag se ander korpse aansoek moet doen.

Hulle beweer daar is gesê dit is nie nodig nie omdat meer as genoeg poste in die MP beskikbaar was.

Middel vandeesmaand is hulle egter ingelig dat vyfjaarkontrakte aan net ses lede van ’n groep van 52 aangebied gaan word.

Daar is gesê hulle kan by die Reserwemag aansluit om deeltyds diens te doen, anders moet hulle huis toe gaan.

Hulle beweer voorts die ses wat wel kontrakte gekry het, het almal ouers of familielede in hoë poste wat hulle bevoordeel het.

Drie sal in die MP se noordelike divisie aangewend word en die ander drie in die suidelike divisie.

Die groep beweer egter die divisies weet nie eens die ses het al kontrakte bekom nie.

Hulle beweer die situasie is ’n geval van baantjies vir boeties en dat die kontrakte wat voor hul neuse gehou is van die begin af ’n klug was.

Siphiwe Dlamini, hoofwoordvoerder van die weermag, het gesê alle diensvrywilligers wat by die weermag aansluit, weet hulle sluit net vir twee jaar aan.

In dié tyd word hulle opgelei terwyl loopbaanbeplanners hul vordering dophou.

“Daar is ’n beperkte aantal poste in die MP. Die kandidate is ingelig wie se kontrakte hernieu word.”

Volgens hom staan dit vrywilligers vry om aansoek te doen om poste in ander korpse.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

rio.canovibrand sê... oooo... hier kom moeilikheid :( Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.