Beleid van geen genade geld van nou af op alle Wes-Kaapse paaie

2011-06-17 12:34
Tweets Share Share line Print

Philda Essop

Kaapstad - Spoedvrate en roekelose en nalatige bestuurders op die Wes-Kaap se paaie moet van vandag af geen genade van wetstoepassers verwag nie.

Dié waarskuwing is in die provinsiale parlement deur adv. Lennit Max, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, aan motoriste gerig.

Die Kom Veilig Daar-veldtog, wat daarop gemik is om die getal sterftes en beserings op provinsiale paaie in die feestyd te verminder, begin vandag en duur tot 20 Januarie.

Ongemerkte voertuie en ’n spoedkamera met nagvisie sal onder meer ingespan word.

Die wetstoepassers gaan hulle veral op die N1 en die pad tussen Aberdeen en Beaufort-Wes toespits.

Daar sal padblokkades op die N1 naby Drie Susters en by die Aberdeen-satellietkantoor wees waar mense verplig sal wees om te stop en te rus.

Volgens Max is ’n voertuigskut by Beaufort-Wes ten volle opera­sioneel.

Openbare voertuie wat onpadwaardig en sonder die vereiste dokumente is, sal geskut word.

Wanneer dit by roekelose en nalatige bestuur kom, sal ’n beleid van geen genade op alle roetes in die provinsie geld.

“Ses ongemerkte voertuie is op die N1 tussen Worcester en Drie Susters ontplooi, sowel as op die Aberdeen-pad. Beamptes in dié voertuie sal alle motoriste monitor.”

Volgens Max sal wetgewing met betrekking tot spoed deurentyd in die feestyd toegepas word.

“Die direkteur van verkeerswetstoepassing het onlangs ’n Digicam-spoedmetingskamera met nagvisie aangeskaf. Die toestel is reeds met groot sukses in die nag getoets,” het hy gesê.

“As deel van die strategie vir vanjaar se feestyd gaan dié spoedkamera saam met ander spoedtoerusting gebruik word om te keer dat padgebruikers op die N1 en die Aberdeen-pad teen hoë snelhede jaag.” Al dié maatreëls sal ook in ander dele van die provinsie van toepassing wees.

Daar gaan ook spesiaal gefokus word op mense wat onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur, asook mense wat onwettige middels vervoer, het Max gesê.

- Die Burger
 

Lees meer oor: kaapstad  |  lennit max

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

rio.canovibrand sê... oooo... hier kom moeilikheid :( Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.