Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Beleid oor straatname aangepas

2012-04-11 09:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Enkele weke voordat ’n lang lys nuwe straatname vir Pretoria goedgekeur is, het die ANC-beheerde Tshwane-metroraad sy beleid, wat behels dat inwoners ter wille van demokrasie in naamsveranderings geken moet word, gewysig.

’n Raadsdokument oor die straatname wat in September 2007 deur Tshwane se plek-en-straatnaamkomitee en die raad goedgekeur is, wys die metro het aansienlik afgewyk van wat destyds onderneem is.

Daar is in die dokument aanbeveel dat Tshwane se openbare plek-en-straatnaambeleid gevolg word “sodat ’n deursigtige besluit geneem kan word”.

Een van die vereistes in die beleid was dat minstens 51% van geregistreerde kiesers in ’n straat ’n nuwe naam daarvoor ter wille van demokrasie skriftelik moet goedkeur.

Tshwane het dié vereiste in Januarie gewysig.

Kgosientso Ramokgopa, Tshwane se uitvoerende burgemeester, het skaars twee maande later in sy stadsrede bekend gemaak nuwe name vir 25 strate is goedgekeur.

Daar is in die 2007-dokument onderneem dat die nuwe name in die plaaslike media aan inwoners voorgelê sou word. Daar was geen openbare deelname nie.

Janho Engelbrecht, die DA se hoofsweep in die raad, het gesê die DA wou nie op verlede maand se raadsvergadering teen die nuwe name stem nie omdat hy nie wil lyk soos ’n party wat aan die verlede vasklou nie.

Ramokgopa se kantoor het intussen Dinsdag aangedui die burgemeester het AfriForum se versoek oor die straatname aan die munisipaliteit se regsafdeling gestuur.

AfriForum het Ramokgopa verlede week in ’n prokureursbrief daarop gewys dat hy “regsprosedure” minag met sy besluit om die straatname in die hoofstad te verander.

Dié besluit is in ’n “blatante verbreking” van wat die munisipaliteit in 2008 onder eed in die hooggeregshof in Pretoria onderneem het, voer AfriForum aan.

Tshwane het in 2008, toe AfriForum die hof weens die beplande straatnaamveranderings genader het, onderneem dat verdere openbare konsultasie sou plaasvind.

AfriForum het toe besluit om die aansoek te onttrek.

Dié burgerregte-waghond dreig nou opnuut met regstappe tensy Tshwane voor Maandag bevestig hy skuif die uitvoering van die straatnaambesluit op die lange baan hangende ’n nuwe hofaansoek.

Pieter de Necker, Ramokgopa se woordvoerder, het gesê Tshwane se regsafdeling oorweeg die brief en dis ook aan Jason Ngobeni, munisipale bestuurder, gestuur.

“Die burgemeester se deur was nog altyd oop en almal is welkom om die kwessie met hom te bespreek, eerder as om hof toe te gaan.”  

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Penellope Jones sê... Het nou net hierdie opskrif op "The New Age" koerant in die winkels raakgesien: "Zuma and ministers cleared of wrongdoing in Gupta plane landing". Het niks verder gelees nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Key Account Manager

Durban
Umkhonto Labour Holdings
Market Related

ER Specialist – JHBN

Johannesburg
DAV Professional Placement Group
R1 - R750000

C# Developer

Western Cape
CME Recruitment
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.