Belastingbetalers moet opdok vir ANC-eeufees

2011-02-20 09:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Suid-Afrikaanse belastingbetalers kan hulle regmaak om hul sakke te skud om te help betaal vir die ANC se “kolossale” eeufeesvieringe en partytjies wat vir volgende jaar beplan word.

Die ANC is op 8 Januarie 1912 in Bloemfontein gestig en toe Rapport verlede jaar aan die destydse kabinetswoordvoerder, Themba Maseko, gevra het of belastingbetalersgeld op die partypolitieke ANC-viering bestee sou word, was sy antwoord ’n besliste “nee.”

Pres. Jacob Zuma het egter Donderdag in sy antwoord op die debat oor sy staatsrede ’n ander deuntjie begin sing en voorbrand gemaak vir die regering – en dus die geld van belastingbetalers – se betrokkenheid by die viering.

Die besteding het trouens reeds by verlede maand se beraad van die Afrika-Unie in Addis Abeba begin.

Zuma het Donderdag in sy toespraak verwys na “’n komende mylpaal wat ’n historiese prestasie is vir die land en die kontinent, ongeag aan watter politieke party ’n mens behoort. Dit is die eeufees van die ANC, die oudste bevrydingsbeweging op die kontinent.

“Die regering het reeds verlede maand ’n eeufees-seminaar aangebied tydens die Afrika-Unie se beraad in Ethiopië. Dit is deur staatshoofde en ander gaste bygewoon.

“As regering sien ons uit daarna om met die ANC saam te werk wat onder meer baie staatshoofde en ander vooraanstaande vriende van Suid-Afrika vanoor die wêreld na ons land sal bring.”

Rapport het Vrydag navrae aan Zuma se woordvoerder, Zizi Kodwa, gerig. Hy was slegs bereid om per SMS te reageer en het geweier om ’n onderhoud toe te staan. Saterdag was hy onbereikbaar.

Toe die kwessie met hom opgehaal is, het Kodwa aanvanklik alle navrae na die ANC verwys, maar toe aan hom uitgewys is dat Zuma die uitlatings as staatshoof gemaak het, het hy gesê Zuma het bloot verwys na samewerking tussen die regering en die ANC, nie dat die staat sal help betaal vir al die feestelikhede nie.

Toe aan hom gevra is of dit beteken dat geen belastingbetalersgeld vir die ANC se partypolitieke viering gebruik sal word nie, wou Kodwa niks verder sê nie.

Opposisiepartye het woedend op die president se woorde gereageer.

Helen Zille, DA-leier, het gesê Zuma kan nie onderskei tussen party en staat nie.

“Dis hoekom staatsgeld – en dus geld betaal deur belastingpligtiges – bestee word aan die makieties van kwalik verskuilde ANC-jeugliga-instellings soos die National Youth Development Agency (wat onlangs R100 miljoen uitgegee het op ’n byeenkoms in Pretoria).

“Die ANC is reeds een van die rykste politieke partye ter wêreld weens die bestaan van die bedenklike Chancellor House. Nou sê die president weliswaar nie reguit wie gaan vir die eeufeespartytjie betaal nie, maar dit kan net beteken die arme belastingbetaler word weer gemelk.”

Namens Cope het Philip Dexter gesê Zuma se stellings is buite orde. “Dit werk nie so nie. Ons sal dit bestry.”

Steve Swart van die ACDP het gesê dit dui nogmaals op die ineenvlegting van party en staat, en dat sulke spandabelrigheid onverskoonbaar is.

“Suid-Afrika het reeds ’n begrotingstekort, en die wêreldekonomie sukkel. Nou word hier beplan vir ’n partytjie wat die jeug-opskop in Pretoria na ’n Sondagskool-piekniek kan laat lyk.”

Patricia de Lille, OD-leier, het uitgewys dat die regering vir die onkoste van alle besoekende staatshoofde
verantwoordelik sal wil wees.

Sy het gese dis ’n skande dat die staat in ’n arm land soos Suid-Afrika geld mors op partytjies en gemaan dat ’n bietjie nederigheid te midde van die armoede gepas sal wees. 

- Rapport

Lees meer oor: belastingbetalers  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

rio.canovibrand sê... oooo... hier kom moeilikheid :( Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.