Belastingbetalers dok dalk op vir skade

2011-08-18 08:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Vakbondleiers spring nou rond om almal behalwe hulself te blameer vir die gewelddadige optrede van die stakende munisipale werkers, asook die gepaardgaande skade van derduisende rande wat vandeesweek in die Moederstad aangerig is.

Dit lyk al hoe meer of Jan Alleman dalk uiteindelik vir die skade sal moet opdok.

“Dit is ongelukkig so dat dit uiteindelik die belastingbetalers is wat die rekening moet betaal, tensy die stadsraad genoeg bewyse kan kry om ’n munisipale werknemer vir bepaalde skade verantwoordelik te hou,” het Kylie Hatton, woordvoerder van die Kaapse stadsraad, Woensdag gesê.

Maatreëls wat die stadsraad kan oorweeg, sluit in tugstappe teen werknemers wat noodsaaklike dienste moet verrig en dan onwettig staak, asook tugstappe indien bewys kan word dat ’n werknemer gewelddadig opgetree het.

“Die groot kwessie is om bewyse te kry,” het Hatton gesê.

In dié stadium van die staking is die meeste geweld in die vorm van intimidasie teenoor werknemers wat nie staak nie, eerder as dat ­eiendom beskadig word.

Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, het gesê die stadsraad moet die mense ondersteun wat skade gely het.

“Dit is die stadsraad se verantwoordelikheid om daardie mense te beskerm. Die stadsraad het hulle duidelik in die steek gelaat.”

Hy het gesê daar moet vasgestel word wie vir die geweld verantwoordelik is. “’n Mens kan nie net sê die verantwoordelikheid lê by die vakbond nie. Ons is gekant teen enige misdadige gedrag,” het Ehrenreich gesê.

Samwu se provinsiale sekretaris, André Adams, het in ’n verklaring gesê die media het oorreageer. “Baie van ons lede is onsigbaar vir die publiek. Hulle maak snags strate skoon en verwyder die vullis. Ons lede doen werk wat baie kommentators nie sal droom om te doen nie.”

Volgens Adams moet die werkers dooie diere langs die pad verwyder, rioolpype skoonmaak en in die koue waterpype regmaak.

Hy het gesê die doel van die staking is ook om die “onsigbare” werkers meer sigbaar te maak as mense met gesinne wat ondersteun moet word. Vullisverwyderaars wat asblikke omgooi, doen dit dalk om sigbaar te wees en die aandag op hul lot te vestig.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Presies, kon dit nie beter gestel het nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.