Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Gordhan waarsku oor belasting-inkomste

2011-10-25 15:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pravin Gordhan, minister van finansies, het Dinsdag in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê die regering oorweeg beleidsveranderings om belastinginkomste te verhoog indien die ekonomie nie na wense presteer nie.

Dié uitlating kom ná die nuus dat die tesourie se verwagte inkomste uit belasting met R13 miljard afwaarts aangepas moes word, van R741,6 miljard tot R728,6 miljard.

Gordhan het die regering se finansiële planne vir die volgende drie jaar in sy toespraak uitgestippel.

Die ekonomiese groeikoers vir 2011 is afwaarts aangepas tot 3.1%, en sal na verwagting in 2012 tot 3.4% styg. Die groeikoers sal na verwagting in 2013 4.1% wees, terwyl dit in 2014 na raming 4.3% sal wees.
 
Die verbruikersprysindeks (CPI) sal na verwagting in 2011 gemiddeld 5% wees, en vir die volgende drie jaar onder 6% bly. Dit is binne die regering se mikpunt van 3% tot 6%.

Die tekort op die lopende rekening sal oor die volgende drie jaar styg van 3.4% van die bruto binnelandse produk (BBP) in 2011 tot 3.8% volgende jaar en 4.2% in 2014.
 
Die tesourie beplan ook om die begrotingstekort na 3.3% te verminder in die 2014/15- finansiële jaar, vanaf 5.5% in 2011/12.

Gordhan het ook gesê dat die tesourie se totale inkomste as 'n persentasie van die BBP 'n geringe daling kan toon van 'n beraamde 27.3% in 2011/12 tot 27.0% in 2012/13, voor dit in 2014/15 styg na 27.7% .

Hy het voorts gesê die tesourie sal R25 miljard oor ses jaar voorsien om die ekonomie te steun. Dié pakket sal gebruik word vir infrastruktuurbesteding, die skep van nywerheidsontwikkelingsones, en om die oorgang na 'n groener ekonomie te befonds.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: pravin gordhan  |  begrotings
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Tertia Rossouw Möller sê... e-Muti Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.