Belasting-inkomste afwaarts aangepas
2011-10-25 14:27
Pretoria – Pravin Gordhan, minister van finansies, het die verwagte inkomste uit belastings met R13 miljard afwaarts aangepas van R741,6 miljard tot R728,6 miljard.
Gordhan het vanmiddag sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk vir die volgende drie jaar tot 2014-’15 bekend gemaak.
Die daling in belastinginkomste kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die verlaging in BTW-inkomste.
“Inkomste-invordering vir dié jaar (2011-’12) en vir 2012-’13 weerspieël swakker ekonomiese toestand,” het Gordhan gesê.
– Lees meer op Sake24.
– Volg Nuus24 op Twitter.