Bekende spotprentkunstenaar pleeg selfmoord
2010-05-16 19:14
Johannesburg - Weyni Deysel, spotprentkunstenaar vir die koerant The Citizen, het Saterdag selfmoord gepleeg, het die SABC Sondag berig.
Deysel het homself by sy huis in Alberton geskiet, het die uitsaaier gesê.
Hy was Vodacom se joernalis van die jaar in Gauteng in 2009.
Volgens Martin Williams, redakteur van The Citizen, is Deysel se dood ‘n groot verlies.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.