Leeus se breier aangeval, gesteek
2010-10-11 07:00
Sydney – Die voormalige afrigter van die All Blacks, John Mitchell, is aangeval en gesteek deur inbrekers wat by sy huis in Suid-Afrika ingebreek het, het berigte Maandag gesê.
Twee inbrekers het Saterdagaand by Mitchell se woning in Johannesburg ingebreek en een van hulle het die 46-jarige tydens ‘n bakleiery gesteek, het Australië se Channel Nine News berig.
Hulle het Mitchell daarna vasgebind en toe gevlug. Hy is later in ‘n hospitaal in Sandton behandel, het die kanaal berig.
Hy het Saterdagaand by die hospitaal deurgebring en is Sondag ontslaan. Die afrigter sal Maandag terugkeer werk toe.
Mitchell is uitgekontrakteer om die Johannesburg-gebaseerde span, die Golden Lions, vir volgende jaar se Super 15 af te rig.
Kevin de klerk, die president van die Goue Leeus rugbyunie, het aan Nieu-Seeland se TVNZ gesê dat Mitchell in die been en die arm gesteek is.
* Vroeër is verkeerdelik berig die aanval het in Mitchell se hotelkamer plaasgevind, terwyl hy eintlik in sy huis oorrompel is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP