Bekende man vas vir kinderpornografie
2010-02-16 16:44
Johannesburg – Polisie in die Wes-Kaap het ‘n “bekende” man van Vredendal in hegtenis geneem vir vermeende seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê.
Volgens kapt. Carin Loock is die 49-jarige man Mandagmiddag in hegtenis geneem nadat ‘n 15-jarige seun hom buite ‘n bank in Vredendal vir geld gevra het.
“Hy het vir die seun gesê om vir hom te wag. Hy het hom later met sy voertuig opgelaai en in die rigting van Vredendal Noord gery.
“Die verdagte het die voertuig naby ‘n plaas parkeer waar hy die slagoffer seksueel aangerand het,” het Loock gesê.
‘n Ander voertuig het nader gekom en die man het weggejaag.
“Die insittendes van die ander voertuig het die polisie gekontak en hulle het die verdagte afgetrek. Die man is in hegte nis geneem op klagtes van seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie.”
Dit het gevolg nadat die polisie die seun ondervra het en ‘n lasbrief verkry het om die man se huis te deursoek.
Amptenare het glo beslag gelê op pornografiese materiaal, geheuestokkies en ‘n selfoon.
Die man sal Woensdag in die landdroshof in Vredendal verskyn..
- Sapa