Bejaardes kritiek ná ongeluk
2009-11-15 03:20
Johannesburg – ‘n Bejaarde egpaar is in ‘n kritieke toestand nadat hul in die agterkant van ‘n vragmotor vasgejaag het.
Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, is die egpaar in hul 70’s en het hulle Saterdagmiddag op die N3 tussen Harrismith en Warden in die stilstaande vragmotor vasgejaag.
"Die paartjie het glo nie gesien dat die vragmotor op die snelweg stilstaan nie en in die agterkant daarvan vasgejaag,” het Botha gesê.
Volgens Botha het paramedici die voertuig onder die agterkant van die vragmotor gevind en het dit sowat twee uur geneem om hulle uit die wrak te verwyder.
Albei is na ‘n hospitaal in Bethlehem geneem vir behandeling.
- Sapa