Bejaarde vrou in huis vermoor
2011-07-10 23:02
Johannesburg – ‘n Bejaarde vrou (75) is in haar huis in die Swelikini-township in Dutywa vermoor, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha is die vrou laas gesien toe sy Saterdag van ‘n tradisionele seremonie na haar huis teruggekeer het.
Haar bure het Sondagoggend opgemerk dat haar voordeur oop en beskadig was.
“Dorpenaars het by haar huis saamgedrom en haar dood gevind. Daar is ‘n vermoede dat sy verkrag is,” het hy gesê.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie, het Manatha gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA