Bejaarde vrou verkrag, verwurg
2010-09-28 14:48
Oos-Londen - ‘n 68-jarige vrou is Dinsdag by haar huis in Bongweni, naby Mthatha, verkrag en verwurg, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Die vrou se liggaam is deur lede van die gemeenskap ontdek, het Lt.Kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Haar kinders werk in Pretoria en die bejaarde vrou het alleen gewoon.
Die polisie glo dat die vrou verkrag is en het ‘n tou om haar nek gevind, wat die oorsaak van haar dood kan aandui.
Niemand is nog in verband met die daad in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA