Bejaarde vrou sterf in KZN-ongeluk
2011-11-03 20:07
Johannesburg – ‘n Bejaarde vrou het gesterf en 14 mense is beseer toe ‘n platbed-vragmotor Donderdag naby Durban omgeslaan het, het paramedici gesê.
Die passasiers het agterop ‘n vragmotor gesit toe die bestuurder omstreeks 16:30 beheer oor die voertuig verloor het, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die passasiers is van die voertuig af geslinger en oor ‘n wye gebied versprei.
Volgens Botha is die bejaarde vrou op die toneel aan haar beserings dood.
Die ander passasiers is na nabye hospitale geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA